Local newsNews

Skryf nou in vir skole revuekompetisie

Alle plaaslike hoër- en laerskole kan aan Lefra Produksies se Revue SA 2016 kompetisie deelneem.

Hierdie lekker revuekompetisie is so pas bekendgestel en sal vanaf 5 tot 21 September by Carnival City se Big Top Arena uitgespook word.

Frans Swart van Lefra Produksies voel dat hierdie kompetisie ’n wonderlike forum skep vir skole om na mekaar se werk en produksies te kyk en dit te geniet.

Slegs 26 laerskole en 26 hoërskole sal aanvanklik gekeur word om deel te neem.

Volledige inskrywingsvorms moet voltooi word en skole moet dan ’n 10 minute video saam met die inskrywingsvorm, wat beskikbaar is by Lefra Produksies, aanstuur.

Swart sê dit is nie nodig om professionele videos vir keuring te stuur nie.

’n Video, geneem met ’n goeie videokamera of selfs ’n selfoonkamera is voldoende.

Die sluitingsdatum vir inskrywings is 12 Augustus en die keuring sal afgehandel wees teen 26 Augustus, waarna gekeurde skole in kennis gestel sal word.

Die kompetisie sal op ’n uitklopbasis aangebied word en die organiseerders beoog om ’n realiteitshoek aan die hele kompetisie te gee.

Hulle beplan egter dat elke aand ’n wonderlike vertoning van dans, sang, beweging en kleur moet wees.

“Dit is net ’n kompetisie, maar ons glo skole, onderwysers, afrigters en leerders sal die geleentheid gebruik om nuwe vriende te maak en om by mekaar te leer.

Groot pryse is op die spel en elke deelnemer sal ook ’n sertifikaat van deelname ontvang.

Bekende beoordelaars en aanbieders sal ook ingespan word.

Die kompetisie bied ook vir skole die geleentheid om te sien waar hulle eie standaard lê deur dit met ander produksies te vergelyk.

Vir enige navrae oor die revuekompetisie of om in te skryf, kan Lefra Produksies geskakel word by 011 815 3000 of stuur ’n epos aan navrae@revues.co.za.

Volledige inligting verskyn ook by www.revues.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button