Local newsNews

Kyk: Veldtog Afrikaans – Wat roer jou? (video)

Veldtog Afrikaans vier en verken Afrikaans in sy volheid.

Veldtog Afrikaans het op 1 Junie afgeskop met ’n splinternuwe webtuiste www.afrikaans.com.

“Dit is ’n plek waar jy sal tuis voel,” sê redaktrise Ingrid Erlank.

Afrikaans se horison is so wyd soos elke mens wat in hierdie kontinent geanker is en op afrikaans.com is daar plek vir almal

Die organiseerders van hierdie veldtog nooi alle Afrikaanssprekendes uit om deel te wees van hierdie idee waar hulle selfs ’n prys kan wen.

“Staan nader en kom wys ons hoe lyk jou Afrikaans en gesels saam,” sê Ingrid.

Veldtog Afrikaans het uit ’n gedeelde passie vir Afrikaans ontstaan wat nou lewe gee aan ’n opwindende bewusmakingsveldtog.

Die kernboodskap van die veldtog is: Hoe lyk jóú Afrikaans?

Ingrid sê die idee is om mense en Afrikaanssprekendes se belangstelling te prikkel, maar ook alle Suid-Afrikaners, te nooi om Afrikaans in haar volheid te vier en te verken.

Die webtuiste is ontwikkel om blootstelling te gee aan al die projekte waarby die veldtog aansluiting vind en is ’n wegspringplek waar Afrikaanssprekendes hul wortels kan vind, hulself kan uitleef en uitdruk.

Die veldtog sluit die bekendstelling van ambassadeurs vir Afrikaans in.

“Dit is mense wat deur ’n verskeidenheid van projekte en inisiatiewe ’n verskil maak,” sê Ingrid.

Die webtuiste skep ’n lekker lewendige netwerk.

“Wat roer jou en wat raak jou, hoe voel, proe of ruik, klink en hoe leef jy Afrikaans?” vra Ingrid.

Almal se Afrikaans lyk anders, ons leef, praat en ervaar Afrikaans verskillend.

Op dié webtuiste kan Afrikaanssprekendes self ’n bietjie spog, inspireer of verras.

Neem deel aan die gesprek en kompetisie en wen lekker pryse, tot R10 000 kan gewen word, of loer sommer net in en kyk hoe ander hulle ding doen in Afrikaans.

Mede-liefhebbers van Afrikaans word genooi om deel te word van ’n veldtog om saam aan die langtermyn toekoms van Afrikaans te bou.

“Besoek afrikaans.com en kom gesels saam,” sê Ingrid.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button