NewsSchools

JJ kry akademikus as hoof

“Deur positiewe energie sal ons altyd positiewe uitkomste bereik."

Dis die woorde van Hoërskool Dr Johan Jurgens se nuwe hoof, Johan de Wit.

Hy is amptelik aangestel op 29 April.

Johan het gematrikuleer aan Hoër Tegniese Skool (HTS) Springs in 1984, waarna hy sy onderwys diploma by die destydse Goudstadse Onderwys Kollege in Pretoria voltooi het.

Sy onderwysloopbaan het in 1989 begin by HTS Springs as elektrisiënswerk onderwyser.

Daar was hy nie net onderwyser nie, maar ook betrokke by sport.

Onder Jan se leiding is verskeie Valke rugbyliga’s gewen.

In Julie 2001 is hy aangestel as tegniese departementshoof by die Hoër Tegniese Skool in Brakpan.

Deurentyd het hy, nie net sy waarde as sportkenner en onderwyser gewys nie, maar ook sy besondere leierseienskappe en vermoë om met mense te werk, het na vore gekom.

Hierna is hy aangestel as adjunkhoof by HTS Springs en het hierdie pos beklee tot April, waarna hy die pos as hoof by Hoërskool Dr Johan Jurgens aanvaar het.

Tydens sy tydperk by HTS het Johan sedert 2009 elke jaar die distrikstoekenning as die beste graad 12 onderwyser in elektriese tegnologie ontvang.

Sy uitstaande leierseienskappe en positiewe visie kan slegs ’n aanwins wees vir Hoërskool Dr Johan Jurgens en die onderwysers en leerlinge sien uit om hoër hoogtes te bereik onder sy bekwame leierskap.

Johan sê dié pos is ’n uitsonderlike eer, maar gaan gepaard met verantwoordelikheid teenoor al die ouers wat hul kinders toevertrou aan die onderwysers.

“Goeie onderrig is ’n wenresep by ons skool,” voeg hy by.

Nie net is Johan ’n akademikus, sportman en uitstekende leier nie, maar hy is ook ’n toegewyde gesinsman.

Hy is die afgelope 24 jaar getroud met Alet de Wit, en het twee kinders, Nandi de Wit en Johan de Wit.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button