BlogsOpinion

Misdaad beïnvloed gemeenskap

Misdaad het 'n negatiewe invloed op die algehele maatskaplike welsyn van 'n gemeenskap.

‘n Invloed wat weier strek as net die inwoners waar die misdaad plaasvind.

Die gemeenskap kan nader aan mekaar beweeg terwyl die onmiddellike effek van misdaad gewoonlik slegs gevoel word deur die individu op wie die misdaad gepleeg is.

Alhoewel die gemeenskap in sy geheel ook beïnvloed kan word deur kriminele aktiwiteite.

Hoë misdaadsyfers kan lei tot kleiner gemeenskappe met die gevolg dat gesinne voel hulle wil eerder verhuis na ‘n veiliger omgewing as om te te bly en dalk weer ‘n slagoffer te word.

Tydens die onlangse gebeure in Petersfield waar ‘n vrou erg getraumatiseer is nadat sy deur inbrekers met ‘n strykyster gebrand is, het die kommerwekkende vrae van hoekom en waarom weer na vore gekom.

Die emosionele effek wat misdaad op die individu het, is voor die hand liggend.

Mense kan skielik onveilig voel in hul onmiddellike omgewing.

Die emosionele en fisiese tol van misdaad kan ook dien om inwoners nader aan mekaar te bring.

Dit is waar gemeenskapspolisiëring na vore tree.

Misdadigers is nie tydgebonde nie en slaan toe enige tyd van die dag of nag.

Traumaties genoeg is die gesiguitdrukkings van mense wat slagoffers is van misdaad.

In een besondere geval onthou ek hoe deurmekaar die arme vrou was dat sy nie eers haar telefoonnommer kon onthou of die straat nommer nie.

En dit terwyl die skurke weggekom het met hulle buit en glo hulle het geen kommer nie.

Die reaksie is voor die hand liggend, slagoffers gaan vir berading hetsy vir pastorale of sielkundige berading, maar die pad na herstel is bereikbaar.

Alhoewel ons nie dieselfde kan sê van die misdadiger nie.

Hulle spandeer elke dag deur in die tru-spieël van die lewe te kyk aangesien hulle nooit weet wanneer die wetstoepassers gaan toeslaan nie.

Almal word mak een of ander tyd en vat groot kanse, maar die kans om gevang te word is altyd daar.

Dit is maklik om kritiek te lewer wanneer jy nog nooit in enige van die slagoffers se bootjie gery het nie, maar minder maklik wanneer die noodlot jou kant toe kom.

Trauma of nie, slagoffers het altyd letsels, of dit nou fisies of emosioneel is.

Die polisie het ‘n onbegonne taak om misdadigers te arresteer en met die hulp van die gemeenskap is dit moontlik.

Slegs ‘n eenvoudige leidraad kan lei tot groter arrestasies en soms flinke optrede van die polisie.

Mag elkeen wat geraak is deur misdaad genees en spoedig herstel sodat die welsyn van die gemeenskap weer tot orde geroep kan word.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button