BlogsOpinion

Wees wie jy is

Die burgermeerster Mondli Gungubele het gesê ‘wees wie jy wil wees en nie wie ander mense wil hê jy moet wees nie’ (eie vertaling).

Hierdie is ’n baie belangrike stelling wat gemaak is aangesien daar soveel mense is wat iemand anders se drome nastreef.

Dit is onverantwoordelik van ouers wat hulle kinders in studie- of sportrigtings wil forseer sodat hulle kan bereik wat die ouers self nie kon bereik nie.

Verskeie kinders, nou al volwassenes, is slagoffers van hierdie optrede van hul ouers.

Die uiteinde hiervan is dat kinders aan die einde van die jaar nie hulle wiskunde of wetenskap vakke in graad 12 slaag nie en gevolglik dit moet herhaal aldus kommentaar van skoolhoofde.

Hierdie kinders word dan die slagoffers van wie ander mense wil hê hulle moet wees.

As ouers net besef die belangrike rol wat hulle in hul kinders se lewenskeuses speel, sal hul ’n beter poging aanwend om uit te vind wat die kind se werklike behoefte is.

Dit sal dan lei tot kinders wat meer tevrede is met hul beroeps- en lewenskeuses.

Daar is talle voorbeelde van studente wat doelloos rondspring op soek na dit wat hul tevrede sal stel wat dan lei tot onnodige vermorsing van finansies en tyd.

Elkeen van ons is geskape met ’n eie identiteit en daarom is dit belangrik dat elkeen hierdie identiteit persoonlik moet uitleef.

Indien dit nie gebeur nie, kan dit veroorsaak dat wanneer mense ouer word, hulle dan eers ontdek dat hulle eintlik nie hou van wie of wat hulle geword het nie.

Om te verhoed dat mens ’n na-aper word is dit baie belangrik om jouself te ontdek en om jou sterk punte uit te lig en daarop te fokus.

Dit sal veroorsaak dat jy meer lewensvreugde en self verwesenliking sal ervaar.

Die vraag wat nou ontstaan is hoe ontdek ek my sterk punte?

Die geleerde mense sal verwys na die ontdekkingsreis van die eie ek, maar die maklikste manier om uit te vind wat jou sterk punte is, is om juis te fokus op dit waarvan jy hou en dit sal jou sterk punte beklemtoon.

Indien die stelling van die burgermeester ernstig opgeneem word sal dit ongetwyfeld ’n positiewe uitwerking hê op die individu wat daarop reageer.

Jongmense kan die onderrig wat hulle ontvang gebruik om harmonie, oplossings en duidelikheid in die wêreld te bring.

Sodoende sal die jeug van more wees wie hulle is en nie wie ander van hulle verwag om te wees nie.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button