BlogsOpinion

Goeie besluite vir 2016

Soos die vakansie seisoen ons verlaat en die nuwe jaar amper in volle swang is, hoor ons soveel besprekings rondom besluite vir die nuwe jaar.

Die nuwe jaar is geneig om nuwe idees en verwagtinge te bring.

Elke jaar, aan die begin van Januarie, neem talle mense ‘n besluit om hulself op een of ander manier te verbeter.

‘n Klein persentasie van dié mense maak eintlik goeie besluite en hou daarby, terwyl ander meegesleur word deur die werkslading of invloed van negatiewe gedagtes en gou vergeet wat hul besluit het.

Daar is natuurlik dié wat ses maande later steeds worstel met hul besluit op verbetering en verandering in hul lewens.

Sommige mense maak nuwe jaars voornemens wat onmoontlik is om te behaal, maar die gedagte daaraan is nie onmoontlik nie.

Dit is om entoesiasties daaroor te bly wat die verskil maak, selfs nadat die idee verdwyn het.

Dink nou maar aan gesondheid, hoeveel van ons wil by ‘n gimnasium aansluit om van daardie ekstra gewig, wat homself tuisgemaak het in jou liggaam gedurende die fees seisoen, ontslae te raak.

Party mense wil gesonder lewe deur op te hou rook, of van slegte gewoontes ontslae te raak terwyl ander vir ‘n volledige mediese ondersoek wil gaan om vas te stel of alles nog in orde is.

Daar is natuurlik ander maniere om die liggaam en gees op te kikker.

  • Glimlag meer – dit is wel bekend by sielkundiges dat ‘n eenvoudige glimlag mens gelukkiger en gesonder maak, selfs al is die glimlag ‘n gedwonge een.
  • ‘n Daaglikse kort flinke stap kan mens se gesondheid verbeter.
  • Skeduleer jou persoonlike tyd, want die mees produktiewe mense is nie noodwendig die besigste nie, maar eerder diegene wat priotiseer en hul vrye tyd gebruik om persoonlike passies uit te leef wat nie verband hou met hul werk nie.
  • Probeer om jouself nie te verbind deur dinge te doen wat jy nie kan doen nie, dit sal meer tyd bespaar en angs weghou.
  • Een van die beste maniere om in beheer van jou priotiteite te bly is om te skeduleer. Hiervoor het jy ‘n kalender nodig waarop jy alle besluite kan neer pen. ‘n Selfoon kalender kan ook gebruik word deur jou gunsteling opgeruimde lied te koppel aan die alarm wat jou net weer in ‘n positiewe luim kan kry om jou doelwit te bereik. Dit sal jou meer gemoedsrus gee om die nuwe jaar se doelwitte te bereik.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button