Local newsNews

Herwinbare materiaal is herbruikbaar

Die VLU Carpe Diem-tak het Ronel Alberts gevra om 'n demonstrasie te kom lewer tydens hul maandelikse byeenkoms wat Woensdag gehou is by die Rus 'n Bietjie Outehuis saal in Paul Krugersoord.

Ronel het die VLU dames gewys hoe om herwinbare materiaal te omskep in pragtige geskenkpakkies.

Sy het ‘n lang foelie kartondoos gebruik en dit met pragtige oortrekpapier oorgetrek.

“Plaas ‘n paar kolwyntjies daarin en gee dit as ‘n geskenk aan iemand,” sê sy.

Nog ‘n idee is om ‘n 2.5kg suikerpak handvatsels te gee en by ‘n kombuistee geskenke in te sit.

Ronel het ook aan die dames gewys hoe om ‘n twee liter koeldrank bottel middeldeur te sny en badgoed in te sit.

Sy sê die bottel pas dan gerieflik oormekaar en om die sny weg te steek, gebruik materiaal of lint.

Elke VLU dame het dit vreeslik interessant gevind.

Dié middag tak kom een maal ‘n maand bymekaar by die ouetehuis waar hulle hul handgemaakte produkte inhandig vir beoordeling.

Novembermaand se tema was herwinbare materiaal.

Die volgende byeenkoms sal die jaarlikse afsluiting wees op 4 Desember.

Connect with us:

Have a story? Send Anna Robertson an email on annar@caxton.co.za or contact her on 011 812 4820.

Like our Facebook page and follow us on Twitter as well as our journalists @SpringsJournOne and @SpringsJournTwo.

For news straight to your phone, invite us on BBM – 7EFABEF1 or join us on WhatsApp on 079 408 9334.

Related Articles

Back to top button