Local sportSport

Hierdié vissers weet hoe om te vang

Die CCHK hengelklub het Vrydagaand hul jaarlikse prysuitdeling by Laerskool Jan van Riebeeck se lapa gehou.

Die meeste klublede het hul klub T-hemde vir die geleentheid gedra.

Die pryse is soos volg uitgedeel:

Lammers – Ruben van Heerden het met die louere weggestap nadat hy 58.7 punte vanjaar ingewin het.

Penkoppe – Eden Buitendag het vir die derde agtereenvolgende jaar die Able Vos wisseltrofee verower met 358.2 punte. In die tweede plek was Giani Wattrus met 170.4 punte, terwyl Ruan Nel in die derde plek met 159.1 punte geeindig het.

Juniors – Matthew Botha het die Josken wisseltrofee verower met 502.3 punte, Casey Adams het die tweede plek gehaal met 406.1 punte en Juan Pierre Nel was derde met 195.1 punte.

Dames – Mariaan Roets het vir die derde agtereenvolgende jaar die Mariaan Roets wisseltrofee gewen met 284.9 punte.

Zanzoinette Wattrus was in die tweede plek met 202 punte en Adele van Heerden in die derde plek met 200.8 punte.

Mans – Die Willie Buitendag wisseltrofee gaan vanjaar in Albert Louw se huis pronk nadat hy 2 433.3 punte ingeryg het.

In die tweede plek is Ewald Vos met 1 831.7 punte en Willie Buitendach met 1 591.9 punte vat die derde plek.

Meesters – Die Pierre Nel wisseltrofee gaan aan Attie Roets met 1 520.9 punte. Hennie Havenga is in die tweede plek met 739 punte en Piet Snyders in die derde plek met 552.51 punte.

Albert Louw is ook aangewys as die algehele klub wenner van die jaar met sy rekord vangs wat ’n 5.49kg karp en ‘n kleibek geelvis van 1.65kg insluit.

Attie Roets het ‘n graskarp van 8.07kg gevang sowel as ‘n klip baber van 0.29kg en Denis Marais ’n 1.68kg moddervis.

Albert Marais spog met ‘n grootbek geelvis van 1.69kg.

Klubvoorsitter, Attie Roets, sê dit was ‘n suksesvolle jaar en dat die klub gegroei het van 10 tot 50 lede.

“Ons is ‘n sosiale hengelklub waar die hele familie, oud en jonk welkom is,” verduidelik Attie.

Die nuwe visvang seisoen begin op 14 November by Trichardt dam.

Connect with us:

Have a story? Send Anna Robertson an email on annar@caxton.co.za or contact her on 011 812 4820.

Like our Facebook page and follow us on Twitter as well as our journalists @SpringsJournOne and @SpringsJournTwo.

For news straight to your phone, invite us on BBM – 7EFABEF1 or join us on WhatsApp on 079 408 9334.

Related Articles

Back to top button