Local newsNews

Inwoner wil brei en hekel klub stig

“Niemand is te oud om te leer nie,” so vertel Saartjie van Vuuren (73) wat poog om ’n Springs brei en hekel klub te begin.

“As mens elke dag stil sit by die huis dan stagneer jy net, hoekom nie iets doen met jou tyd wat jy kan geniet nie!”

Saartjie verduidelik dat sy genoeg wol het sodat dit niemand geld gaan kos om by die klub aan te sluit nie.

“As jy nie kan brei of hekel nie, sal ons jou leer.”

Saartjie het die idee om baba hoedjies, serpe en self rugby voorskote en kussings te brei of te hekel.

Sy mik om dié klub so gou as moontlik te begin en kort slegs ’n bymekaarkom plek.

“Ons kort net ’n kerksaal of so kan waar ons twee maal per maand bymekaar kan kom om te brei of te hekel. Ons kan selfs by ’n aftree-oord bymekaarkom waar daardie mense ook weer by ons kan aansluit sonder om ver hoef te reis.”

Saartjie het begin dink aan ’n klub stig toe sy verlede jaar in die hospitaal was.

“Sommige dae is jou lewe so leeg, dis belangrik dat mense betrokke raak, voel hulle doen iets nutvol en dat hulle hulself ophef.”

Sy voeg by dat sy graag ook sal wil hê dat iemand vir hulle ’n Afrika-taal leer.

“Oud-president Nelson Mandela het gesê, praat met iemand in jou taal en jy praat met sy verstand, praat met iemand in sy taal en jy praat met sy hart.”

As enige iemand belangstel om by die klub aan te sluit of vir meer inligting, kontak Saartjie op 082 859 5603, 073 673 5613 of 011 363 2671.

“Alles wat ons brei of hekel kan ons dalk vir ouetehuise of aftree-oorde gee,” sluit sy af.

Related Articles

Back to top button