FeaturesRBC: Braai LekkerRugby World Cup 2015 Feature

Braaimetode is braaier se keuse

Tember gaan gepaard met braaivleis vure.

Dié wat daarvan hou om te braai met hout glo dat dit vleis ’n unieke smaak gee.

Nuffi eld besigheidsman, André Nelson, glo dat hout dorpenaars ’n bietjie van die Bosveld laat beleef.

Volgens hom gaan die reuk van hout gepaard met oopte en waardering.

“Die reuk van die hout is soos om saam te kuier om ’n braaivleis vuur op die plaas,” sê hy.

André verduidelik dat hout se unieke reuk ’n groot invloed op die smaak van vleis het. Selfs die verskillende houtsoorte soos sekelbos, rooibos, knoppiesdoring en hardekool hout gee vleis verskillende smake.

Dit het volgens André alles met die aroma te doen.

Baie mense verkies om vinnig vleis te braai en gebruik houtskool omdat die vuur dan binne 25 minute reg is om die vleis te braai.

Sam Lebese (links) en Stoffel Matgila van Springs hou ook daarvan om vuur te maak met hout. Hier hou Sam ’n stuk sekelbos (links) en rooibos vas terwyl Stoffel knoppiesdoring en hardekool hout vashou.
Sam Lebese (links) en Stoffel Matgila van Springs hou ook daarvan om vuur te maak met hout. Hier hou Sam ’n stuk sekelbos (links) en rooibos vas terwyl Stoffel knoppiesdoring en hardekool hout vashou.

Hy verduidelik dat houtskool van uitheemse bome gemaak word.

“Jy sal nie sommer sekelbos of hardekool houtskool kry nie, dié hout is net te duur om houtskool van te maak,” sê André.

Brikette word gemaak van die poeier wat oorbly van die houtskool.

“Dit word dan saamgepers met ’n bindmiddel,”sê André wat self houtskool en brikette maak.

Mense wat brikette gebruik om vuur te maak hou van die intense hitte wat dit afgee.

André sê vir mense wat in woonstelle bly en nie die gerief van ’n tuin het om in te braai nie, sal ’n gasbraai voldoende wees.

Gas braai is uiteraard meer higiënies en die hitte word makliker gereguleer.

Of dit nou gas, kole, hout of brikette is wat gebruik word as braaimetode, die keuse van braai bly uitsluitlik by die braaier

Related Articles

Back to top button