Local sportSport

Goewan geniet gholfdag

Goewan du Toit (10) het sy Sondag terdeë geniet, terwyl gholfspelers die Pollak Park Gholfklub se baan aangedurf het in ’n poging om fondse in te samel vir Goewan.

Goewan is in 2010 gediagnoseer met Metokondriale Disfunksie, ’n vorm van Motorneuronsiekte (MNS), waar selle die liggaam aanval en vernietig.

Anton Myburgh het gehoor Goewan het baie dringend ’n verstelbare mediese bed nodig en het die bal aan die rol gesit met die reël van dié gholfdag.

Kort voor lank het hulle 120 gholfers gehad wat belanggestel het en die bestuur van Pollak Park Gholfklub het hul gholfbaan beskikbaar gestel.

Goewan was vroeg Sondagoggend wakker en het vir sy ma gevra om asseblief sy gholfhemp aan te trek vir hierdie spesiale geleentheid.

Al die ondersteuners het in ’n feestelike luim verkeer met al die vlooimarkstalletjies wat oral op die gras was en musiek in die agtergrond.

Tydens die ‘marshmallow drive’ het elkeen ’n klein marshmallow ontvang om te bepaal wie slaan dit die verste.

Jacques Nagel het die prys gewen aangesien sy marshmallow 60m verder geland het.

“Ons is ongelooflik dankbaar vir elkeen se deelname sowel as die organiseerders vir alles wat hulle gedoen het om hierdie dag so ’n groot sukses te maak,” sê Gerrit.

Related Articles

Back to top button