Local newsNews

SASSA toelaag weer beskikbaar vir Henrico

’n 16-jarige breingestremde seun was sy Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid (Sassa) toelaag kwyt na sy ma se dood.

Henrico Smith se ma, Annetjie Smith (37), is onlangs by die Verre Oos Hospitaal oorlede na ’n kort siekbed.

Henrico se Sassa toelaag was gekoppel aan sy ma se toelaag wat opgeskort is na haar dood.

Sy ouma Rika Smith (54) is ’n lupus leier vir die afgelope 21 jaar en ontvang ook ’n Sassa toelaag wat haar enigste inkomste is.

Rika is Henrico se enigste oorlewende familielid en sê dit is moeilik om vir hom te sorg sonder sy toelaag. “Ek is al wat hy in die lewe oor het.”

“Henrico kan nie lees nie en sukkel nog op vlakke van klein kinders,” vertel Rika. “Hoe gaan hy eendag werk en hoe moet ons oorleef sonder sy toelaag?”

Sy het weer aansoek gedoen by Sassa vir ’n toelaag, maar dit was van die hand gewys.

“Ek kon nie verstaan hoekom hulle nie die toelaag vir hom wil gee nie, want hy het ’n toelaag ontvang van 2009 af.”

Nadat die Addie, Sassa se kantore gekontak het, is die probleem egter opgelos en het hulle Rika op Donderdag gekontak om onverskoningonverskoningte vra.

“Sassa het gesê ons moet die volgende dag (Vrydag) na die kantore gaan om die dokumentasie af te handel,” sê Rika verlig.

Sy vertel dat hulle baie behulpsaam was en dat alles afgehandel was binne ’n uur.

“Henrico gaan nou gekoppel wees aan my Sassa toelaag tot wanneer hy 18-jaar oud is en dan sal hy sy eie toelaag ontvang.””

Rika het haar bekommernis gelig dat, sou daar iets met haar gebeur, Henrico se toelaag weer gestop gaan word.

Haar bekommernis was van korte duur aangesien Sassa met nog ’n oplossing vorendag gekom het en ’n brief aan haar verskaf het wat

Henrico se toelaag eenvoudig sal oordra na die volgende persoon wat na hom sal omsien.

Sassa se waarnemende woordvoerder, Nandi Mosia, het bevestig dat Henrico se nuwe toelaag-aansoek goedgekeur is.

Rika het aansoek gedoen vir ’n afhanklikheidsorg toelaag maar die Sassa dokter het gevind dat Henrico nie 24-uur spesiale sorg nodig hetnie en daarom is die aansoek geweier.

Henrico kwalifiseer tans vir ’n kinderversorging- of ’n pleegsorgtoelaag en nie vir ’n afhanklikheidstoelaag nie.

’n Toelaag vir minderjarige kinders word op hul versorger, oftewel die persoon in wie se sorg die kind is, se naam inbetaal.

Mosia sê sodra die versorger doodgaan, word die toelaag outomaties gekanselleer. Die nuwe versorger moet dan heraansoek doen vir die kind se toelaag sodat toelae in die nuwe versorging se naam sal geskied.

Related Articles

Back to top button