EntertainmentLifestyle

Fonteine fees om die draai

Springs inwoners is opgewonde oor die jaarlikse Fonteine Fees wat op 28 en 29 Augustus by Hoërskool Dr Johan Jurgens se sportgronde plaasvind. Die twee-dag fees word aangebied deur die Hervormde Kerk Springs-Oos en begin om 1nm op Vrydag en Saterdag om 8vm. Oud en jonk kan hope pret verwag met ’n helikopter skattejag, treinritte, …

Springs inwoners is opgewonde oor die jaarlikse Fonteine Fees wat op 28 en 29 Augustus by Hoërskool Dr Johan Jurgens se sportgronde plaasvind.

Die twee-dag fees word aangebied deur die Hervormde Kerk Springs-Oos en begin om 1nm op Vrydag en Saterdag om 8vm.

Oud en jonk kan hope pret verwag met ’n helikopter skattejag, treinritte, go-karts, springkastele, kussing gevegte en vele meer.

Die Mnr, Mej en Mev Fonteine Fees 2015 sal Vrydag om 6nm aangekondig word terwyl die baba en kleuter kompetisie op Saterdag om 9vm gehou word.

’n Koekedoor kompetisie is nog ’n hoogtepunt om na uit te sien.

Kunstenaars wat gaan optree sluit Johnny Lochner, Elvis se Seun oftewel Stefan Ludik, die Dorsland Dansorkes, die Sing vir Jesus sanggroep, Alwyn Oberholzer en die rockgroep Rembrandt van Rijn in.

Feesgangers moet beslis nie die immergewilde Afrikaanse sang trio Adam op Saterdag om 7nm misloop nie.

Vir meer inligting rakende die fees, kontak Katrien Prinsloo by 083 437 1039.

Related Articles

Back to top button