Local sportSport

50 jonges oefen ringbal

Laer- en hoërskool leerlinge leer ringbal tegnieke aan.

Leerlinge aan verskeie hoër- en laerskole van Springs en Brakpan het deelgeneem aan ’n ringbal kliniek wat Saterdag, 25 Julie, by die Brakpan ringbal bane gehou is.

50 jonges van o-11 tot o-17 was betrokke by dié kliniek en vyf afrigters het gepoog om vir die kinders die nodige balvaardighede aan te leer sodat die aspirante spelers die ringbal spel beter kon begryp.

Die spelers sal komende en volgende Saterdag liga proewe speel, om vas te stel wie vir die Ekurhuleni-Oos distrikspan gekies sal word.

Dié gekose span sal in Oktober aan ’n toernooi deelneem teen die ander distrikte. Tydens hierdie toernooi sal die 0-17 Federasie span gekies word, wat teen al die ander spanne in die land sal meeding, voordat die Protea span gekies word.

Vandat die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee ringbal onlangs as ’n derde termyn skool sport aangekondig het, sê Sus Louw van die Welgedacht Klub, is skole besig om die sport geleidelik bekend te stel. “Daarom is klinieke belangrik,” sê sy.

Vir Jessica Chapman (16) van Hoërskool Hugenote was die kliniek beide insiggewend en interessant.

Gabi Cameron (13) van Laerskool Jan van Riebeeck het baie geleer en dit verskriklik geniet terwyl Laerskool Selectionpark se Zure van Tonder (13) hoop die kliniek word ’n gereelde instelling.

Hoërskool Hugenote leerling Dyllan Voster (16) het baie oor die ringbal spel geleer en is geinspireërd om sy spel te verbeter. “Dit was baie lekker,” sê hy.

Volgens Sus beoog Ringbal Suid-Afrika, om die hoeveelheid ringbal spelers op junior en skool vlak met minstens 200 persent te verhoog teen die einde van 2019.

Related Articles

Back to top button