Welgedacht ringbalspanne vaar goed in liga wedstryde

Die Welgedacht ringbal spanne het Saterdag, 11 Julie, goed gevaar op hul tuisbaan tydens die Ekurhuleni-Oos Ringbal Vereeniging se liga wedstryde. Twee van Welgedacht se vroue-spanne, A1 en A2, het teen mekaar te staan gekom in ‘n titaniese stryd. Die jonger span het met die A1-span afgereken en ’n naelskraap oorwinning van 28-26 behaal. Welgedacht …

Die Welgedacht ringbal spanne het Saterdag, 11 Julie, goed gevaar op hul tuisbaan tydens die Ekurhuleni-Oos Ringbal Vereeniging se liga wedstryde.

Twee van Welgedacht se vroue-spanne, A1 en A2, het teen mekaar te staan gekom in ‘n titaniese stryd. Die jonger span het met die A1-span afgereken en ’n naelskraap oorwinning van 28-26 behaal.

Welgedacht se A mansspan het hul wedstryd teen Anker gewen met ‘n weghol telling van 52-12.

Klub sekretaresse Sus Louw, sê die Welgedacht mansspan is boaan die liga se bepalingslys.

Die A vrouespanne lê onderskeidelik in die eerste en tweede plekke op die bepalingslys.

Op 7 Augustus word die Ekurhuleni spanne aangekondig wat van 5 tot 9 Oktober aan ‘n toernooi in Margate, KwaZulu-Natal gaan deelneem.Tydens die nasionale toernooi in Margate sal die Suid-Afrikaanse uitnodigingspanne aangekondig word.

Volgens Louw word daar uit die SA se uitnodigingspanne weer senior en o/17 internasionale spanne gekies wat SA in Mauritius in November sal verteenwoordig.

“Aangesien ringbal ‘n familie sport is, kan oud en jonk deelneem vanaf ouderdomme o/11 tot by die meester-spanne wat 45 jaar en ouer is,” sê Louw.

Enige iemand wat belangstel om by die klub aan te sluit kan Sus Louw kontak by 071 362 8920.

Related Articles

Back to top button