Local newsNews

Nikita oorstelp van vreugde

Voordat Nikita Cranko (20) haar elektroniese rolstoel ontvang het, was sy totaal afhanklik van ander om haar by te staan.

Dit het egter Vrydagaand verander tydens ’n musiekkonsert by Hoërskool Hugenote. Nikita het die verrassing van haar lewe gekry en in trane uitgebars toe sy tydens die konsert ’n rolstoel, geborg deur weldoeners, ontvang het.

Sy sê die gebaar beteken baie vir haar en dat sy uitsien om meer mobiel te kan wees.

Springs inwoner Hennie Nel, het gehoor van Nikita se dilemma en het dadelik ingespring om ‘n verskil te maak in haar lewe.

Hennie palm nie al die eer vir homself in nie en sê dat baie motorsfietsryers asook ‘n Springs paartjie, wat graag anoniem wil bly, hom gehelp het om die elektroniese rolstoel te reël.

Nikita is op 27 weke gebore, 13 weke voortydig, en is op twee-jarige ouderdom met serebrale verlamming gediagnoseer. Sy woon by haar grootouers Billy (57) en Sheila (54) Cranko in Johannesburg.

Nikita is tans ’n Graad 11 leerling aan Murial Brand Skool in Brakpan, ’n skool vir kinders met spesiale behoeftes.

Haar grootste wens is om matriek te skryf en sy glo sy sal dit kan doen omdat sy bekend is vir haar uithouvermoë en determinasie.

Connect with us:

Have a story? Send Anna Robertson an email on annar@caxton.co.za or contact her on 011 812 4820.

Like our Facebook page and follow us on Twitter as well as our journalists @SpringsJournOne and @SpringsJournTwo.

For news straight to your phone, invite us on BBM – 7EFABEF1.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button