EntertainmentLifestyle

Hier is ‘n splinternuwe Liewe Heksie storie

Twee nuwe Liewe Heksie stories het nou die lig gesien en die jongspan kan nader skuif, want Liewe Heksie en haar kaboutermaats besoek die Mardi Grasteater, by Carnival City, dié Saterdag, om 10vm.

Die skepper van Liewe Heksie, Verna Vels, is verlede jaar oorlede en het kort voor haar dood ‘n splinternuwe storie spesiaal vir Lefra Produksies geskryf.

Regisseur Frans Swart het vir Verna oortuig om die nuwe storie te skryf.

So is hierdie nuwe Heksie-teaterproduksie gebore – Liewe Heksie en die Tuindwergie.

“Ek wou nog altyd gehad het dat Heksie ‘n tuindwergie ontmoet,” het Verna gesê.

Ek wou sien wat Heksie met die tuindwergie doen en, glo my, ek is seker sy gaan weer in die moeilikheid kom. Ons maatjies moet maar kom kyk wat vang Heksie met Casper, die tuindwergie aan.”

Voor pouse word Liewe Heksie en Botterblom opgevoer.

Botterblom is Blommeland se koei, wat vir die hele Blommeland melk verskaf, maar Botterblom is kwaad.

Karring, Blommeland se melkkabouter, laat niemand by Botterblom toe nie en Botterblom raak baie eensaam.

Dan begin die poppe dans.

Na pouse is dit dan Liewe Heksie en die Tuindwergie, waar ons Casper die tuindwerg ontmoet, toe hy een oggend in Heksie se tuin wakker word. Maar wie kruip daar agter ‘n boom weg? Is dit die nare gifappeltjies?

Vier talentolle akteurs gee aan die Liewe Heksie-karakters lewe op die verhoog.

Anmari van Achterbergh speel die rol van Liewe Heksie, Botha Enslin die rolle van Mattewis, Kwaaitjie Kabouter, die Geelheks, Borrie die Gifappeltjie, Griet, Karel Kat, Botterblom en Koning Rosekrans.

Anel du Plessis is te siene as Blommie, Kerrie die Gifappeltjie en Koning Rosekrans.

Phillru van Achterbergh vertolk onder andere Casper die Tuindwergie, Borrie die Gifappeltjie, Karring en Klein Kwaaitjie.

Vir groepbesprekings en skoolbesprekings, skakel vir Lefra Produksies by 011 815 3000, of stuur ’n e-pos na admin@lefra.com.

Bespreek jou kaartjies vir Liewe Heksie deur 0861 915 8000 te skakel, of aanlyn by www.computicket.com.

Related Articles

Back to top button