BlogsOpinion

Dis veeleisend om almal tevrede te stel

Sommige van ons het groot geword met die persepsie dat ons almal gelukkig moet maak.

Hoe verkeerd en ook reg is ons nie.

Die vrouens moet hulle mans onderdanig wees, hulle moet ‘n goeie ma wees vir hulle kinders, om nie te praat van ‘n goeie kok en huisvrou nie.

Ons moet ons werkgewers tevrede stel, Ă©n die verkeersbeamptes en polisie.

Dit is so hoor, deur wetsgehoorsame burgers te wees stel ons die gereg onbewustelik tevrede.

As jy teen hierdie tyd gedink het jy stel almal tevrede sit jy die pot mis.

Want dit is egter ‘n ander storie as jy die gemeenskap tevrede moet stel.

O weĂ«, hulle is totaal en al opsoek na ‘n tevredenheid wat moeilik bekombaar is.

Meer as jou beste is soms nie goed genoeg nie.

Bloed uit ‘n klip tap, dis waarvan hulle hou, alhoewel ek soms twyfel of self dit Jan Publiek tevrede stel.

Ons is almal deel van Jan Publiek, op die een of ander manier eis ons, ons pond vleis van iemand, of hulle dit nou kan voorsien of nie, Jan Publiek eis dit.

Wanneer jy egter met die publiek werk, probeer jy vreeslik hard om met menslikheid en naasteliefde te volhard, soos dit ‘n “goeie” Christen betaam.

So kan ek getuig van vele gevalle in my loopbaan by die koerant waar my Christenskap erg beproef is.

Gedurende dieselfde tyd wat ek my dogter verloor het, is ek daarvan beskuldig dat ek ‘n onsimpatieke, ongevoelige mens is, omdat ek nie genoeg emosie getoon het met ‘n dame wie se pa twee jaar tevore oorlede is nie.

Min het sy geweet hoe hard het ek probeer om nie in trane uit te bars nie.

So is ‘n kollega al ‘n “go to hell” toegesnou, omdat sy nie na die kliĂ«nt se gevloek en skreeu wou luister nie.

Om nie eers van rassisme te praat nie, want daarvan word ons almal gereeld beskuldig.

Mag ek net noem dat ek dierbaarste Xhosa, Zulu en Phedi kollegas het, wat dieselfde deurmaak as ek, wat met die publiek werk.

Wanneer mens alles gee en dit is ook nie goed genoeg nie, is die moedeloosheid geneig om sy kop uit te steek.

Maar, met krag van Bo, tel jy jou kop op en gaan weer aan.

Male sonder tal moet een van ons ‘n ander kollega opbeur as gevolg van nog ‘n onopgevoede buffel – soms is dit ‘n buffel koei – wat jou neervel.

Die vergewensgesindheid loop egter hoog in ons nuuskamer en so stap ons elke dag in met ‘n glimlag op ons gesigte.

want ons is nie hier om net ‘n diens te lewer nie, maar ook om “job satisfaction” te verkry.

In ons nuuskamer is daar ‘n plakkaat opgeplak waarin ek onvoorwaardelik glo: “Choose your attitude…”

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button