NewsSchools

Vinnige Voetjies is wenners

Hierdie kinders is almal super heroes.

Yolandi van Blerk en haar Vinnige Voetjies Kleuterskool se graad RR 2014 klas is onlangs aangewys as die algehele Kleuterzone Nasionale Kampioene van Suid-Afrika.

Dié kompetisie is op ‘n TV-program gebaseer, wat aangebied word om dinge deur die oë van ‘n kind te weerspieël.

Die groep kinders se prys is tydens ‘n glans geleentheid by die Hillsong Kerk, in Pretoria, oorhandig.

Afrikaanse sanger Anthonie Bougas het die skool verlede jaar genader om deel te neem aan die Kleuterzone Nasionale Kleuterskool Kampioenskap.

Van die 42 items wat vir die kompetisie ingeskryf is, is slegs 20 vir die finaal gekies.

Die uitslae van die kampioenskappe is as volg:

Chene Roets se Graad RRR klas van 2014 het die trofee vir die beste gesamentlik aksie ontvang, vir hulle item, Dans met my Baby.

Die choreografie is deur Chene behartig, en sy het die kostuums gemaak.

Die Graad R klas van Bianca Pretorius het met die liedjie Naweek Lyfie ‘n trofee ontvang vir beste oorspronklike kostuums.

Bianca het die choreografie behartig en kostuums ontwerp, maar Jeanine Swanepoel, het ingespring en hulle gemaak.

Yolandi se klas het ook ‘n trofee ontvang, vir die beste choreografie, met die item Superhero.

Sy het self die choreografie uitgewerk en die kostuums gemaak.

Kleuterskoolhoof Nicolette Evans vertel dat die kinders lank geoefen het vir dié groot geleentheid.

Die kompetisie was straf en daarom was hulle verheug oor die uitslae.

Die uitslae van die kompetisie is bepaal deur stemlyne en die beoordelaars wat by die skoolkonsert betrokke was.

Die kampioenskappe sal binnekort op Kyknet se musiek kanaal verskyn.

As verdedigende kampioene sien Vinnige Voetjies uit volgende jaar se kampioenskappe.

Alta Scheepers (links), Nicolette Evans, Yolandi van Blerk, Anthonie Bougas, Bianca Pretorius en Chene Roets van VInnige Voetjies. Kleuter Dunay Louwrens het ook aan die kompetisie deelgeneem.
Alta Scheepers (links), Nicolette Evans, Yolandi van Blerk, Anthonie Bougas, Bianca Pretorius en Chene Roets van Vinnige Voetjies.
Kleuter Dunay Louwrens het ook aan die kompetisie deelgeneem.
Hierdie groepie leerlinge van Chene
Die Graad R klas van Bianca Pretorius het met die liedjie Naweek Lyfie ‘n trofee ontvang vir beste oorspronklike kostuums.
Voetjies3 ar (Custom)
Chene Roets se Graad RRR klas van 2014 het die trofee vir die beste gesamentlik aksie ontvang, vir hulle item, Dans met my Baby.

Related Articles

Back to top button