Local newsNews

How it was and how it is

Baie mense kyk nou na Springs met negatiewe oë en wonder hoe dit so drasties verander het.

Gert Fourie (71) bly al in Springs van 1966 af en sê vandag is baie anders as daai tyd.

“Mense het tyd vir mekaar gehad, nie mekaar afgejak en in die grond in vertrap nie, maar mekaar gehelp.

Hy vertel hoe dit een van die skoonste dorpe met die mooiste parke was.

“Deesdae verniel ons mekaar en gooi net neer waar ons wil, en die parke lyk soos verwaarloosde velde.

“Daardie tyd was dit nie nodig om na Boksburg en ander plekke toe te gaan vir iets eenvoudig nie, daar was meer as genoeg winkels.”

Hy vertel hoe hulle selfs in die aande gaan “window shopping” doen het.

“Dit was veilig en kinders kon in ons straat krieket speel tot laat.

“Ek hoop van harte dat Springs mall ons ekonomie gaan help,” sluit hy af.

Lidia Swanepoel (54) sê sy bly haar hele lewe lank in Springs en sê dit is hartseer om te dink dat die mooi dorp nou onder gaan.

“Jy kon gaan fliek, skaats, dieretuin toe gaan, pieknieks hou in parke en speel tot hoe laat.

“Dit was ‘n baie mooi dorp waarop ons almal kon trots wees en dit is so hartseer.”

Some of the elderly people are concerned that the youth have nothing to do in this town, which makes many wonder if this is way people are so negative toward the town.

With the new Springs mall on its way to our doorsteps, there might be some ray of light for the town and its inhabitants.

Community initiatives could also be a way of bringing back beauty to Springs.

Related Articles

Back to top button