Local newsNews

Afriforum toets die water

Springs se water word op gereelde basis getoets.

Die water in sekere dele van Springs is op Woensdag (15 April) getoets, as deel van AfriForum se nasionale Blou- en Groendruppel projek.

Die nitrate en e.coli toetse is by vier verskillende plekke in Springs uitgevoer.

Nitrate vorm in drinkwater deur die teenwoordigheid van sekere bakteria.

Die stand van drinkwater- en rioleringsaanlegte word regoor die die land getoets vir nitrate en die e.coli bakteria.

Met drinkwater as bron van alle lewe, moet dit aan bepaalde standaarde voldoen.

Die nitrate toets wat by die Laerskool Christiaan Beyers gedoen is, het aangedui dat daar geen nitrate teenwoordig was nie, en die water is dus binne die Suid-Afrikaanse Nasionale Standaarde (SANS).

Gert Parsons, van Afriforum, verduidelik dat die fokus nie op die toestand van die aanleg of damme is nie, maar wel op die gehalte van die water.

“Die standaarde is daar om die inwoners se gesondheid te verseker,” sê hy.

Toetse is ook by Blesbokspruit en by die Murray Park Dam gedoen, waar die uitslae ook binne die SANS standaarde is.

Die nitrate wat teenwoordg is was almal onder 11dpm, die SANS standaarde vir drinkwater.

Die toets resultate vir die e.coli bakteria is nog nie beskikbaar nie.

Volgens Gert, publiseer die Departement van Water en Sanitasie nie meer die toestand van waterbestuur in die vorm van die Blou- en Groendruppelinisiatief aan die publiek nie.

“Ons voel die publiek het die reg om te weet wat die toestand van hul water is,” sê hy.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button