Awendgloed en Rusoord se seniors wil die volgende persone hartlik bedank vir die aangename en leersame kliniekdag op Dinsdag, 10 Maart:
- Annerie Ferreira en Ashmicka Mungal die maatskaplike werkers van die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling in Springs wat alles gereël het en die oggend vir ons so aangenaam gemaak het.
- Dawie Keyser van Trico EMS Paramedics het die seniors se bloeddruk en bloedsuiker gemonitor, asook ‘n ambulans laat kom vir ‘n vrou wat nie wel was nie.
- Die dieetkundiges Odette en Dudu, Nurse Tandi van Crisis Centre van die Verre Oos-Randse Hospitaal.
- Die persone wat die verversings voorsien het en almal wat betrokke was om die oggend so aangenaam te maak.
Baie dankie
Trudie Scheepers.