LettersOpinion

Begrafplaas water word weggedra

Ek besoek op 'n gereelde basis die Petersfield begrafplaas.

Ek kan nie glo dat die Everest plakkerskamp se inwoners toegelaat word om emmers en dromme water weg te dra en daar word nie ‘n vinger veroer om iets omtrent die situasie te doen nie.

Ek was verlede Donderdag daar en moes toekyk hoe die wag by die hek (met ‘n uniform aan) heel gemaklik toekyk hoe die water weggedra word.

Toe ek hom vra of die mense vir die water betaal, het hy net ”nee” geantwoord.

Ek het by die kantoor op die perseel gaan navraag doen oor wat hulle oor die situasie doen en hulle antwoord was: “Niks”.

Nou wil ek graag weet wie vir die water betaal en wat Ekurhuleni oor die toeloop van plakkers gaan doen?

As die water so weggedra word en niemand doen iets daar omtrent nie, wil ek net nie weet hoe daar krag onwettig gesteel word nie — en die mense wat betaal word die swaarste getref.

Ek sal graag wil aansoek doen vir die wag by die hek se pos; hy sit en niks doen en word betaal!

Is daar nie mense wat moet toesig hou nie?

Baie Ontstoke

Wright Park

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button