LettersOpinion

Skoolhoof word gesalueer

Hieha, die eerste Addie vir die jaar in die hand.

Kers “specials” is nou “Back 2 School Specials” en sommer binnekort is dit weer die feesgety.

Dit laat my dink dat tyd hopeloos te vinnig verby gaan.

Ek sien Frans Gildenhuys met sy matrikulante op die voorblad en alhoewel ek hom nog nooit ontmoet het nie, pluk ‘n groot gevoel van blyheid aan my mondhoeke.

Sien ek hom elke oggend, amper soos ‘n propperse lammervanger waar hy sy leerders aanmoedig om by die hek in te gaan voor die klok lui.

Het al ‘n paar keer moes lag oor sy gesigsuitdrukkings en gebare en het al gewaai en “thumbs up” gegooi so in die verby ry.

Vandag wil ek nie net vir jou waai nie, maar “high five”.

Wel gedaan met jou matrikulante en dankie dat jy nog moeite doen.

Dankie ook aan die Adevertiser vir hierdie “ feel good” voorblad.

Geluk en sterkte ook aan ons dorp se 2014 matrieks en mag julle net sukses behaal met watookal julle aanpak.

Ek salueer jou.

Sien jou weer buite hierdie jaar.

Verneen Grieve.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button