Local newsNews

Kos vir Kersfees

Rotary en Strubenvale Pick n Pay skenk aan kinders.

Die kinders wat gereeld deur Projek Uitkoms versorg word, het danksy die Springs Park Rotary Club en Strubenvale Pick n Pay Kersfees kospakkies Saterdagoggend ontvang.

Die kinders, wie kos deur middel van Projek Uitkoms se sopkombuis kry, het Saterdag vanaf vroeg in Vierdestraat, Geduld bymekaargekom om te wag vir hul kos.

Vernon Jones en Loggies van Logerenberg van Springs Park Rotary Club het gesê die Kersfees kospakkies is een van die klub se gemeenskapsprojekte.

Hulle het die kospakkies, netjies verpak in ‘n drom, by Pick n Pay gekoop vanaf die fondse wat hulle deur die jaar ingesamel het.

Hulle sê Manny Caldera van Strubenvale Pick n Pay het ook van die pakkies geskenk.

Masha Horn van Projek Uitkoms sê hierdie kos maak ‘n groot verskil in die Kersfees van hierdie kinders.

Sy is baie dankbaar vir organisasies soos Rotary wat nie net tydens Kersfees nie, maar deur die jaar haar projek ondersteun om die kinders effektief te versorg.

Related Articles

Back to top button