Editor's choiceLocal newsNews

Terblanche familie is al vir jare in Springs

Johan Terblanche en sy pa, Deryck was in twee versillende eras stadraadslede en burgemeesters van die dorp.

Die Terblanche familie, wat twee burgemeesters opgelewer het, het diep spore Springs getrap.

Johan Terblanche en sy pa, Deryck was in twee versillende eras stadraadslede en burgemeesters van die dorp.

Johan vertel sy pa, na wie die Deryck Terblanchepark in Geduld vernoem is, het by Vogelstruismyn gewerk voordat hy op die raad begin dien het.

Deryk was in 1962 vir die eerste keer burgemeester en het altesaam vier keer as burgemeester gedien tydens al die jare op die stadsraad.

Johan vertel die Terblanche-gesin het in Geduld uitbreiding gaan woon kort voordat hy en sy twee broers skool toe is.

Johan is Deryck en Jean Terblanche se oudste seun, gevolg deur Eugene, wat tans in Grootbrak woon en André wat ‘n tandarts in Springs is.

Al drie broers, sowel as Johan en Riette se twee seuns, André en Riaan was by Laerskool Jan van Riebeeck en Hoërskool Hugenote aan skool.

Johan was in 1962, dieselfde jaar wat sy pa die eerste keer burgemeenster was, Hugenote se hoofseun.

Hy is in 1982 as raadslid van Springs Stadsraad verkies nadat hy homself reeds as mediese huisdokter in die stad gevestig het.

Deryk was toe Johan raadslid geword het al vir vyf jaar uit die raad.

Johan vertel die dag nadat hy as raadslid verkies is, het die bestuursraad besluit hy moet burgemeester word en die dag daarna is hy ingehuldig.

Die burgemeesterspaar van daardie jare was baie betrokke in die gemeenskap en hy en Riette het baie geleenthede in die gemeenskap tydens hul diensjaar bygewoon.

Johan was vir agt jaar raadslid en een van die mees belangrike projekte en hoogtepunte tydens sy dienstyd was toe die stadsraad die sentrale sakegebied beplan en begin ontwikkel het.

Waar daar voorheen net ou huisies was, het ‘n sakekern voor sy oë ontwikkel.

Johan was deur die jare ook bekend as mediese dokter in Springs met sy praktyk in Petersfield, waar sy twee seuns in ‘n stadium saam met hom dokters was.

Hy het geslagte gesinne medies versorg en is tans steeds betrokke by die praktyk, saam met dr Wessel Nieuwhoff.

Johan sê hy het sy lewe lank in Springs gewoon en erken dit is nie meer so ‘n mooi plek soos in die ou dae nie.

Maar sê hy, hierdie is ‘n gemeenskap met wonderlike mense.

Hy het al eiendomme op ander dorpe en stede gehad, maar kom altyd terug na Springs, sê hy.

Related Articles

One Comment

  1. would someone come and fix the 2 streetlight in bakerton springs and the two its based on 4th street and i’ve being complaning to the ekruhleni council but nobody comes out and i still have no reply from the council and please would someone send somebody to fix it and please would someone tell them that the 2 street lights fitting is old and they must replace a new fitting.
    thanks.
    your concider.,!?

Check Also
Close
Back to top button