EntertainmentLifestyle

Tragedie in die kollig

In hierdie boek gee Ilse Salzwedel 'n ondersoekende blik op die Oscar Pistorius-verhoor.

Boek: Van Sprokie tot Tragedie in die Kollig

Skrywer: Ilse Salzwedel

Oorsig moontlik gemaak deur: Penguin Books

Oorsig deur: Anna Robertson

Ilse is ‘n vryskutjoernalis met jare se ervaring en het al vier boeke gepubliseer.

Reeva Steenkamp se lewe is kortgeknip op Valentynsdag 2013, nadat sy deur Oscar aangesien is as ‘n inbreker.

Oscar se status as internasionale sportheld het aan skerwe gespat.

Die sensasionele moordverhoor het ongekende mediadekking gekry en het verreikende gevolge op vele terreine gehad.

Tydens die saak is menige se lewens op talle terreine geraak en die kollig het geval op die manier waarop regspleging in Suid-Afrika geskied.

Die skrywer het vir Professor Christiaan Bezuidenhout, kriminoloog van die Universiteit van Potchefstroom, genader oor die aanhang van helde.

Hy sê dié aanhang is ‘n oerinstink en ons breine is so geprogrammeer omdat helde die maatstaf is waaraan ons onsself meet.

Oscar was ‘n publieke held in menige se oog, dié soort held wat ‘n gemeenskap kies maar wat ook ‘n groot invloed op die hele gemeenskap het.

Beide families se lewens is onherroeplik verander deur die gebeure.

Oscar se regspan met Barry Roux aan die stuur en die verdediging se Gerrie Nel vat mekaar vir die tweede keer in dieselfde hof aan.

Na die boek die lig gesien het, is Oscar onskulding bevind aan moord, maar skuldig bevind op strafbare manslag.

Maar alhoewel die vonnis in Oktober gefel sal word, sal niemand behalwe Oscar en Reeva ooit regtig weet wat daardie nag in die sportster se huis gebeur het nie.

Related Articles

Back to top button