EntertainmentLifestyle

Grootste country vertoning by Carnival City

Juanita du Plessis tree op saam met groot country legendes.

Die langverwagte terugkeer van Lefra Produksies se Country Legendes en Vriende word by Carnival City se Big Top Arena gehou op 4 Oktober om 8nm.

Hierdie byeenkoms van legendes van Suid-Afrikaanse country musiek en ’n nuwe generasie van countrysangers sal een van die grootste country vertonings ooit wees.

Legendes soos Lance James, Barbara Ray, Clive Bruce, Sally Vaughn, Tommy Dell en Jody Wayne sal optree saam met hulle vriende, Juanita du Plessis, Jason Bradley, Chantell Williams en die Rodeo Girls in ’n skouspel waarin dié kunstenaars weereens bevestig sal word as legendes in die country musiekwêreld.

Skakel Lefra Produksies by 011 815 3000 of stuur ’n e-pos na marketing@lefra.com.

Besoek www.lefra.com of stuur ’n e-pos na info@lefra.co.za vir meer inligting.

Related Articles

Back to top button