LettersOpinion

‘n Ongelooflike skande

Springs het twee swembaddens wat mens nie eers kan gebruik nie.

Die hitte is op ons en as jy nie ‘n swembad by jou huis het nie, is jy in ‘n penarie.

Waar moet ons kinders nou gaan swem om af te koel?

Die lekker deel van somer is dan dat kinders almal bymekaar kan kom en ‘n dag van vrolike swem en speel geniet saam met die gemeenskap.

Dit was van my beste kinderdae as ons as gesin na die swembad gegaan het en die hele dag daar spandeer het.

Maar nou lyk dit erger as ‘n dam by ‘n verlate huis.

G’n mens kan naby dit kom sonder om siektes op te tel nie!

Ek dink dit is ‘n absolute en totale skande dat die munisipaliteit nie eers die vermoë kan hê om net bietjie verder te dink en gereed kan wees met ‘n skoon swembad vir somer nie.

Ons kinders is ook almal bitter teleurgesteld.

Siek, sat en gatvol inwoner.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button