LettersOpinion

Ons is nooit tevrede nie

Gedurende die wintermaande kla die mense dit is te koud net om in die somer weer te kla dit is te warm.

Vir diegene wat buite werk is beide winter en somer ‘n probleem, want hulle word blootgestel aan die snerpende koue sowel as die bloedige son.

Maar vir die wat office bound is soos ons klomp in die kantoor, is dit winter en somer in ons kantoor.

Die kantoor is altyd koud, maak nou nie saak op watter temperatuur jy die sentrale lugversorger stel nie.

Dit is gewoonte om altyd ‘n warm dingetjie byderhand te hou.

Maar die winter kan gaan slaap, want somer is verreweg die beste vir my.

Wrintiewaar, in die winter is daar soveel klere om aan te trek en selfs dit is nog nie warm genoeg nie.

Dink nou maar net aan al die wasgoed en hoe lank dit neem om droog te word.

Maar in die somer is ‘n kortmou hempie of rokkie ideaal.

In ons koue kantoor is dit regtig die beste, want al hou ons ‘n trui byderhand, beweeg ons in en uit die kantoor en om dan terug te kom kantoor toe is hemels.

Die lugversorger koel jou onmiddellik af en jy kan weer aangaan met jou werk.

Maar of ons nou somersmense of wintersmense is, ons is net nooit tevrede met die natuur nie.

Kla sal ons altyd kla, kom wat wou.

Anna Steenberg.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button