Editor's noteLocal newsNews

Klein seuntjie met ‘n groot hart

Jaden-Lee Wolhuter (10) het twee hawelose honde vir die afgelope drie maande in Selcourt "aangeneem".

Jaden-Lee en sy gesin het een middag winkel toe gery en die honde gesien wat op ‘n oop stuk grond rondloop.

Hulle het besluit om die voertuig tot stilstand te bring om na die honde te kyk.

Drie maande later voer Jaden-Lee hulle nog steeds elke dag sonder om ‘n enkele dag te mis.

“Op Vrydae vat ons vir hulle worsies om hulle te bederf, maar die res van die tyd gee ons vir hulle droë hondekos,” sê Jaden-Lee.

Hy het ook vir hulle elkeen ‘n naam gegee.

“Pax is die teefie en Max is die reuntjie.”

Louise Wolhuter, Jaden-Lee se ma, sê hulle het die Dierebeskermingsvereniging (DBV) gekontak om die honde te kom oplaai, maar die DBV kon nie die honde gevang kry nie omdat hulle weghardloop en deur die heinings glip.

“Die honde verdwyn dan vir ‘n dag of drie en dan is ons harte baie seer, maar hulle kom altyd terug,” sê Louise.

Louise vertel dat hulle wel Ekurhuleni geskakel het, maar Ekurhuleni het bevestig dat dit nie hulle honde is wat op die perseel leef nie.

Sy sê ook dat nie een van hulle naby die honde kan kom, sonder om voor gegrom te word nie, behalwe Jaden-Lee.

Pax en Max laat toe dat hy hulle streel en met hulle speel.

“Hulle was verskriklik maer en uitgeteer toe ons hulle die eerste keer sien, maar nou lyk hulle al baie beter,” sê Louise.

Die gesin het ook die Animal Anti-Cruelty League geskakel en was gesê hulle sal kyk wat hulle aan die saak kan doen. Die Addie was saam met die gesin by die honde, maar hulle was op dié dag nie in ‘n baie goeie bui om vreemde besoekers te vermaak nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button