Local newsNews

Familie eis hospitaal is sonder diens

Verre Oosrand bied nie altyd die beste diens

Die familie van Stefan le Grange beweer dat hy baie lank in pyn was voordat enige dokter by Verre Oosrand Hospitaal na hom omgesien het.

Stefan was verlede Vrydag oggend in ‘n motorfiets ongeluk in Brakpan.

Jill le Grange, sy suster, sê die behandeling wat hy by die hospitaal gekry het laat veel te wense na.

Hy is gehelp by die ongevalle afdeling waar X-strale gedoen is en steke aangebring is aan die wond op sy voet.

Maar wat haar ontstel is dat daar net X-strale geneem is van sy regterbeen, sy linkerarm en sy pelvis, maar daar is later bevestig deur die verpleegpersoneel dat sy linkerarm slegs gebreek is en sy pelvis op twee plekke.

Jill sê daar is glo niks fout gevind met sy regterbeen.

Alhoewel Hendrik Buda, VOR woordvoerder, bevestig dat le Grange in die hospitaal opgeneem is verlede Vrydag met verskeie frakture wil hy nie meer besonderhede bekend maak nie as gevolg van dokter/pasiënt vertroulikheid.

Hy ontken beweringe dat daar nie dadelik na le Grange omgesien is nie en sê ‘n dokter het hom op dieselfde dag gesien en sy wonde is versorg voordat hy na saal vyf geneem is.

Die familie is ongelukkig oor die behandeling wat hul broer in die hospitaal ontvang het en sê hulle moes self die klere wat hy tydens die ongeluk aangehad het, afsny, hom bad en die droë bloed van sy mond afvee.

Jill sê hy Saterdagaand soveel pyn in sy linkerbeen gehad het en die verpleegpersoneel was glad nie behulpsaam nie.

Om 1vm Saterdagoggend het die familie ‘n vriend gekontak wat twee paramedisie gestuur het om na le Grange om te sien en hom te stabiliseer.

Op navraag hoekom die susters nie die wonde aan sy been skoonmaak of sy kateter leegmaak nie, het die verpleegsters gesê slegs die dokter mag dit doen.

Sy sê die naweek was ‘n nagmerrie, waar die verpleegsters nie hul werk gedoen het nie en die familie ingespring het om dit vir le Grange so gemaklik moontlik te maak.

Buda het geen kommentaar hierop gelewer nie en sê die pasiënt is verlede Maandag oorgeplaas na Charlotte Maxeke Akademiese Hospitaal vir verdere toetse.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button