Local newsNews

Neem ‘n Kersfoto en wen

Vanjaar sal die persoon wat die wenfoto ingestuur het, 'n R500 geskenkbewys van Hot Pot Paint and Hardware ontvang.

Die laaste uitgawe van die Springs Advertiser verskyn op 14 Desember en, soos in die verlede, vra ons weer vir ons lesers om vir ons ‘n gepaste voorbladfoto te neem.

Vanjaar sal die persoon wat die wenfoto ingestuur het, ‘n R500 geskenkbewys van Hot Pot Paint and Hardware ontvang.

Neem die volgende in ag voordat jy jou foto instuur:

• ‘n Foto sal slegs oorweeg word indien dit ‘n Kersfeestema het, en daar moet ten minste een persoon in die foto wees.
• Die foto moet in JPEG formaat wees en nie digitaal gemanipuleerd wees nie.
• Foto’s moet ook ten minste 1MB groot wees.
• Foto’s mag nie ouer as ‘n maand wees nie (dus sal verlede jaar se Kersfees foto’s nie werk nie).
• Die kompetisie is slegs vir inwoners van Springs.

Die volgende inligting moet saam met die foto verskaf word:
• Name, vanne en ouderdomme van al die persone in die foto.
• ‘n Kort beskrywing van die foto, insluitend waar en wanneer dit geneem is.
• Naam, van en kontaknommer van die persoon wat die foto geneem het.
• Indien enige van hierdie inligting ontbreek sal die foto nie in ag geneem word nie.
• Die prys sal toegeken word aan die persoon wat die foto ingestuur het en kan nie vir kontant omgeruil word nie.

Foto’s kan per epos gestuur word na thelma@caxton.co.za

Die sluitingsdatum vir inskrywings is 8 Desember om 09:00. Die wenner sal telefonies in kennis gestel word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button