Local newsNewsSport

Springs werk hard vir hul sege

Ou Ryped teken nog 'n wen aan.

Springs Rugbyklub het op 22 April ‘n wegwedstryd teen NWU geniet.

Die wedstryd was deel van die Peregrine Beker Liga wedstryde. Springs het met 31–24 gewen.

Springs het van die veld gestap met ‘n oorwinning en is die jaar nog onoorwonne.

In die begin het Ou Ryperd gesukkel om aan die gang te kom en het een drie in die eerste helfte gedruk. Die doelskop was geslaag.


ALSO READ: Castle Lager Pirates Grand Challenge to take place at Alberton Rugby Club


NWU het teen halftyd met 9-7 voorgeloop.

In die tweede helfte het beide spanne met meer dringendheid begin speel en meer aanvallende rugby opgedis.

Springs het drie verdere drieë gedruk wat almal vervyf was en ook met ‘n strafskop geslaag.

Springs se punte was as volg aangeteken:

– Drieë: Schalk O’Callaghan, Francois Prinsloo en Thabo Tau (2).

– Doelskoppe: Brandan Hewitt (4). Strafskop: Brandan Hewitt (1)

– Springs se tweede span sowel as die o21’s het vasgeval.

Tweede span het 24-22 verloor en die o21’s het met 34-13 di e knie gebuig.

Springs se volgende wedstryd is 6 Mei teen Brakpan op Olimpia Park in Springs.




Follow Us: Facebook: Twitter: Instagram

Related Articles

Back to top button