News

Verbly ‘n bejaarde se hart hierdie Kersfees

Sjokolade word tans ingesamel om op Kersdag aan bejaardes uit te deel.

Solidariteit Helpende Hand Springs-tak het vanjaar weer ’n projek van stapel gestuur om ’n verskil te maak in die lewens van bejaardes wat nie naasbestaandes het nie, of wat ’n klein bederf op Kersdag sal verwelkom.
Die organisasie wil sorg dat soveel bejaardes moontlik ‘n klein bederf vir Kersfees sal ontvang.
Die publiek se hulp word egter benodig om van die projek ’n sukses te maak.
Belangstellendes kan nou reeds, maar tot 20 Desember, ‘n blok sjokolade of ‘n pak 500g Whispers skenk vir die doel.
Die sjokolade kan afgelewer word by Kentsirkel 68, Petersfield Springs.
Persone wat betrokke wil raak, kan die voorsitter van Solidariteit Helpende hand se Springs tak, Martie de Villiers kontak by 082 579 9755.

Follow us on our social media platforms:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button