Local newsNews

Hugenote se top matrikulante

Boonop spog Kayla met ‘n baie hoë B-simbool vir Rekenaartoepassingstegnologie.

Die Hoërskool Hugenote se top matrikulante van 2020 se uitslae getuig van toewyding en harde werk, in ‘n jaar wat baie uitdagings gebring het weens die Covid-19 pandemie.
Luzanne van Zyl, Kanieke de Lange, Mieke Vorster, Kayla Beyer en Lee-Ann Marais het die bul by die horings gepak en saam vele onderskeidings behaal om nou die vrugte van hul harde werk te pluk.

Also read: Back to school for Hoërskool Hugenote

Luzanne van Zyl het het ses onderskeidings behaal in Afrikaans Huistaal 84%, English First Additional Language 86%, wiskunde 87%, besigheidstudies 89%, lewenswetenskap 83% en fisiese wetenskap 87%.
Sy het keuring gekry om Mb.Chb (medies) by die Universiteit van die Witwatersrand te gaan studeer en sy sal vanaf 1 Maart met hierdie opwindende nuwe fase in haar lewe begin.

Mieke Vorster beplan om BComm Rekeningkunde te gaan studeer by die Universiteit van Pretoria.

Mieke Vorster spog met vyf onderskeidings in Afrikaans Huistaal 84%, English First Additional Language 84%, rekeningkunde 80%, besigheidstudies 83% en rekenaartoepassingstegnologie 85%.
Mieke beplan om BComm Rekeningkunde te gaan studeer by die Universiteit van Pretoria.
Nadat sy haar graad voltooi het, wil sy graag verder spesialiseer in Ouditkunde.

Also read: Hoërskool Hugenote play friendly against Afrikaanse Hoër Seunskool

Lee-Ann Marais het vyf onderskeidings behaal in Afrikaans Huistaal 89%, English First Additional 90%, lewensoriëntering 87%, rekenaartoepassingstegnologie 90% en verbruikerstudie 83%.

Lee-ann Marais begin binnekort met ‘n graad in Biologiese Wetenskappe by die Universiteit van Pretoria.

Hierdie skrander tiener begin binnekort met ‘n graad in Biologiese Wetenskappe met die oog op veeartsenykunde in haar tweede jaar by die Universiteit van Pretoria.
Kayla Beyer het vier onderskeidings behaal in Afrikaans Huistaal 83%, English First Additional Language 91%, besigheidstudies 87% en dramatiese kuns 85%.
Boonop spog Kayla met ‘n baie hoë B-simbool vir rekenaartoepassingstegnologie.

Kayla Beyer wil graag regte studeer en droom om ‘n advokaat te word.Sy gaan dus gaan LLB studeer by die Universiteit van Pretoria.

Kayla wil graag regte bestudeer en droom om ‘n advokaat te word.
Sy gaan gaan LLB studeer by die Universiteit van Pretoria.
Nog ‘n uitblinker is Kanieke de Lange wat vier onderskeidings behaal het in Afrikaans Huistaal 81%, English First Additional Language 85%, wiskunde 85%, en rekeningkunde 83%. Sy het ook uitgeblink in rekenaartoepassingstegnologie 79%.

Kanieke de Lange gaan geoktrooieerde rekenmeesterwese by Potchefstroom swot.

Indien die laasgenoemde vak, na ‘n hermerk, dalk ‘n onderskeiding kan wees, sal Kanika se ster nog meer skitter.
Haar kop staan Potchefstroom toe waar sy geoktrooieerde rekenmeesterwese gaan studeer by die NWU.

Follow us on our social media platforms:

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button