Local newsNews

Hoe skerp is jou Afrikaans?

Só lyk Afrikaans vyf weke nadat die amptelike inperking begin het.

Gedurende die afgelope maand het die wêreld onherroeplik verander.

Met die koms van Covid-19 het baie dinge tot stilstand gekom.

Daar het ook baie nuwe dinge begin.

Die Afrikaanse taal word skielik met allerlei wonderlike nuwe woorde oor nuwe realiteite gepraat. Die vermaaklikheidsbedryf het grootliks aangepas tot aanlyn vertonings en van die huis af werk voel al minder volksvreemd.

Afrikaans.com het twee vraestelle pas bekendgestel om jou Afrikaans te toets.

Hoe skerp is jou Afrikaans?

Afrikaans is soos jam op die tong … propvol idiome, skerpsinnighede, sêgoed en interessanthede.

“Ons maandelikse Opskerp- interaktiewe vasvra daag jou uit om jou taalvernuf te toets en bederf jou dadelik met ’n punt.”

Agt uit 10 mense wat deelneem kan nie 100% vir al drie toetse kry nie … Is jy die uitsondering? Speel saam en vind uit.

Praat saam oor Covid-19

“Afrikaans.com het met die publiek hande gevat om woorde te vind vir al die vreemde dinge wat ons skielik beleef.

Koeshoes, ramafobie, moetgoed en boudgoud is enkele van die inskrywings wat vir ons #tuisinjoutaal-kompetisie ontvang is.”

Hoe lyk die Covid-19-woordeboek in sy geheel?

Follow us on our social media platforms:

Related Articles

Back to top button