EntertainmentLifestyle

Sien die beste Afrikaanse musikante by Meat World Musiekfees

"Ons nooi almal uit om reeds vroeg te kom. Bring jou eie stoel en sambreel en geniet hierdie top kunstenaars."

Die jaarlikse Meat World Musiekfees vind op 26 Oktober by die Springs Mark plaas.

Die musiekfees is heeltemal gratis en skop af met ’n regstreekse uitsending van RSG se Brêkfis met Derrich vanaf 8vm to 10vm.

Daarna sal kunstenaars soos DJ Dazzie Funk, Pieter Koen, Sorina Erasmus (beter bekend as die Flooze), Helene Bester en Alwyn Oberholster optree.

Also read:

Genotvolle Kersmusiekfees

Bring ook die kinders, want Kristi Kat en haar maatjie, Helene Bester, kom ook die kinders vermaak.

Meat World sal ook ’n splinternuwe Renault Sandero Stepway weggee. Koop net vir meer as R200 by die Springs Mark voor 25 Oktober en jy is in die trekking vir die motor.

Angelino Perreira, die besturende direkteur van Meat World, sê die Meat World Musiekfees is altyd ’n lekker instelling.

Perreira sê: “Ons is dankbaar vir die ondersteuning wat ons van ons kliënte ontvang en juis daarom is dit vir ons lekker om ook terug te gee aan die gemeenskap.

Also read:

Musiek en soetigheid by Presidentia

“Ons nooi almal uit om reeds vroeg te kom. Bring jou eie stoel en sambreel en geniet hierdie top kunstenaars.

“Die lekkerte is dus heeltemal gratis.”

Perreira het ook aangekondig dat biltong op 26 Oktober vir slegs R149.00 per kg verkoop sal word.

Follow us on our social media platforms:

 

Related Articles

Back to top button