Local newsNews

Dowwe Dolla voel vere in Springs

Dowwe Dolla en haar ouma het die gehoor laat skaterlag.

Dowwe Dolla, oftewel Margit Meyer-Rodenbeck, het onlangs haar #dowwedolla vertoning in die Springs Teater gehou.

Die geleentheid is deur Laerskool Jan van Riebeeck aangebied.

Sy erken sy was 12 jaar gelede in Springs maar belowe om gou weer te kom kuier.

Terwyl sy spog met haar kuberruimte-kostuum, Dolla voel vere, lek sy selfvoldaan aan haar rooi stokkielekker.

Die vere aan die kostuum het sy glo gekry toe sy in Oudtshoorn opgetree het.

“Ek het besluit om ‘n volstruis te ry, toe hy wegspring toe pluk ek,” vertel sy tong in die kies.

Die tema van haar gesprek was grotendeels die Suid-Afrikaners se nuwe stokperdjie – om kwaad te wees.

Haar opvatting is “as ons kwaad is, is ons gelukkig”.

“As ons woede en frustrasie in ‘n klankdigte kamer kon uitskree, sou Penny Sparrow nog haar werk gehad.

“Die hele wêreld sou nie vir haar kwaad gewees het oor haar uitlatings op sosiale media nie.” sê sy.

In hierdie vertoning vertel sy ook hoe bang sy is om swanger te word, en dat haar vriende vir haar ‘n boek 50 Shades of Grey vir Kersfees gegee het.

“Ek het eerlikwaar gedink dit is ‘n haarsalon manual, rêrig.”

Haar dowe ouma maak ook ‘n draai op die verhoog en dié rol word ook deur Margit vertolk.

Sy kritiseer smaaklik moderne popgroep-name soos Koos Kombuis en Valiant Swart.

“Wat weet daai mannetjie van ‘n Valiant – ek kan hom ‘n ding of twee leer”.

Hierdie uitlating het heelwat van die ouer gehoor laat skaterlag.

Die ouma is nie te bang om ‘n vloekwoord doeltreffend te gebruik nie terwyl sy mildelik uit haar jenewerglasie vir ekstra moed drink.

Margit het die gehoor laat skaterlag met haar paar verwerkte liedere.

Springs teater se kuiergaste is al laggende huis toe terwyl sommige van haar piittighede herhaal het.

Connect with us:

Do you have an interesting newsworthy story? Contact the newsroom on 011 812 4800 or send an email to Samantha Keogh (editor) samk@caxton.co.za, Izahn Krige (digital journalist) izahnv@caxton.co.za or Anna Robertson (journalist) annar@caxton.co.za

For the latest breaking news in your community, follow us on Twitter @SpringsNews and like our Facebook page.

For news straight to your phone and daily weather updates, invite Springs Advertiser on WhatsApp by sending a message with your name and surname to 079 408 9334.

To see what we get up to in the newsroom and in town, follow us on Instagram at springs_addie

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button