LettersOpinion

Liefde en omgee word waardeer

B Puren van Volksrust skryf:

Ons wil graag dankie sê vir die personeel van die Springs Retirement Village vir die versorging van my suster Jakkie Bekker van Dunnottar van die afgelope vier maande.

Baie dankie aan elke dokter, suster, verpleegsters en personeel wat haar versorg het.

‘n Baie spesiale dankie aan Dineo vir jou vriendelikheid en hulp.

Dan aan die personeel, dokters, suster en verpleegsters van die Netcare N17 Hospitaal waar sy die laaste drie weke in intesiewe sorg verpleeg was, baie baie dankie.

Dankbaarheid aan haar kinders Lynette, Rina, André en kleinkinders wat haar bygestaan en gereeld besoek het.

Vir jarelange Bybel-onderrig asook die bemoedigende diens by haar begrafnis, baie dankie Christopher en Mariaan du Raan en Len.

Ons Vader Jehovah seën julle.

Laastens dankie aan die vriendelike Venter egpaar wat ons by die hospitaal restaurant ontmoet het.

Julle vervul die Bybelse opdrag van liefde en omgee.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button