Local newsNews

Seniors hou kinder partytjie

Malan Nel Dienssentrum het Woensdag 105 gaste gehad wat hul 32ste verjaardag vieringe saam met hulle geniet het.

Alhoewel die sentrum elke jaar verjaar, het bestuur besluit om hierdie jaar die vieringe spesiaal aan te bied in die vorm van ‘n kinderpartytjie.

Al die besoekers het pret partytjie hoede opgesit en die tafels was gedek met kleurvolle partytjie dekorasies vol gestrooi met lekkers.

Mavis Nel (links) en haar vriendin, Sus Coetzer, sê dit was lekker om 'n kinderpartytjie by Malan Nel Dienssentrum by te woon ter viering van hul 32ste bestaansjaar.
Mavis Nel (links) en haar vriendin, Sus Coetzer, sê dit was lekker om ‘n kinderpartytjie by Malan Nel Dienssentrum by te woon ter viering van hul 32ste bestaansjaar.

Terwyl hulle Veels Geluk Liewe Maatjie gesing het, het die kombuis personeel die bestanddele vir die tuisgemaakte hamburgers gereed gekry.

Lees: Malan Nel Dienssentrum

Dirk Smit, een van die gaste, het Donderdag 70 jaar oud geword en sommer sy verjaardag saam met die sentrum geniet, deur al die koeldrank te skenk.

Bessie Smit (65) en haar man, Dirk (77), wat sy verjaarsdag gevier het saam met die Malan Nel Dienssentrum se verjaarsdag.
Bessie Smit (65) en haar man, Dirk (77), wat sy verjaarsdag gevier het saam met die Malan Nel Dienssentrum se verjaarsdag.

Sarie Breytenbach, sentrum bestuurder, vertel dat die seniors die hamburgers en chips vreeslik geniet het en dankbaar was vir die koeldrank wat Dirk geskenk het.

Party van die besoekers het besluit om hul hoedjies op te hou om die atmosfeer van die vieringe hoog te hou.

Susan Stander (links), Leona Lange en Sarie Breytenbach is aan die stuur van sake by Malan Nel Dienssentrum. Hulle is dankbaar vir die sentrum se verjaarsdag geskenke in die vorm van nie bederfbare kos.

Issie du Toit (76), Ansie Krige (70) en Frieda Vlok (69) is van mening dat die kinder partytjie baie lekker was.

Lees: Dankie vir donasie aan bejaardes

Evelyn Gatzke (72) het as gas kom kuier en dit so geniet dat sy daar en dan as lid van die sentrum aangeteken het.

Elsie du Plessis (68) suig al te lekker aan haar suigstokkie terwyl sy uitsien na die heerlike hamburger wat bedien word.
Elsie du Plessis (68) suig al te lekker aan haar suigstokkie terwyl sy uitsien na die heerlike hamburger wat bedien word.

Mavis Nel (83) en haar vriendin, Sus Coetzer (69), kuier weekliks by die klub maar hierdie partytjie het hul sommer in ‘n ligte luim geplaas.

“Ek kan nie onthou wanneer ek laas so heerlike kinder ‘party’ geniet het nie,” sê Mavis.

Hannes Breytenbach (68) en sy vrou, Mart (66), smul al te lekker aan die tuisgemaakte hamburgers wat bedien is by Malan Nel Dienssentrum se 32ste verjaarsdag vieringe.
Hannes Breytenbach (68) en sy vrou, Mart (66), smul al te lekker aan die tuisgemaakte hamburgers wat bedien is by Malan Nel Dienssentrum se 32ste verjaarsdag vieringe.

Na die hamburgers het Sarie vir elke besoeker ‘n roomys cone gegee wat as nagereg gedien het.

Al die besoekers het geskenke aangedra ter viering van die klub se verjaarsdag, in die vorm van nie bederfbare kos.

Freddie Viljoen (65) sê hy is besig om sy eie hamburger te 'bou', terwyl Koekie Stoltz (80) hand bysit.
Freddie Viljoen (65) sê hy is besig om sy eie hamburger te ‘bou’, terwyl Koekie Stoltz (80) hand bysit.

Van die kos sal handig te pas kom met die sentrum se volgende funksie, wat eersdaags sal plaasvind.

Sarie Breytenbach, bestuurder van Malan Nel Dienssentrum, besig om roomys cones uit te deel.
Sarie Breytenbach, bestuurder van Malan Nel Dienssentrum, besig om roomys cones uit te deel.

Related Articles

Back to top button