NewsSchools

Afrikaanse skole behaal top prestasies

Springs spog met drie Afrikaanse hoërskole wat 100% slaagsyfer in die 2016 Nasionale Senior Sertifikaat matriek eindeksamen behaal het.

Leerlinge het reeds vroeg Donderdagoggend by hul onderskeie skole opgedaag om hulle uitslae te gaan afhaal, nadat die uitslae om middernag deur die departement van onderwys vrygestel is.

Olympiapark Skool, Dr WK du Plessis Skool en Protea Skool het onderskeidelik 100% slaagsyfers gekry.

Al drie dié skole is instansies vir leerlinge met spesiale onderwysbenodighede.

Dit is die 16de agtereenvolgende jaar wat Protea Skool met ‘n 100% slaagsyfer spog.

Alhoewel die skool slegs 30 matriekleerlinge opgelewer het, spog hulle nogsteeds met ses leerlinge wat universiteitstoelating gekry het, 20 diploma, vier hoër sertifikate toelating en een onderskeiding.

David Howett, voorsitter van die beheerliggaam, sê hulle is geweldig trots op hul leerders wat, ten spyte van akademiese uitdagings, het hulle dieselfde matriek as die hoofstroom skole geskryf.

“Ons is regtig bly dat ons ‘n 100% slaagsyfer behaal het vir 16 agtereenvolgende jare,” sê David.

Die skool het verlede jaar ‘n volwaardige tegniese LSEN skool geword wat vakke soos tegniese wiskunde en wetenskap aanbied vanaf graad 10.

Dr WK du Plessis se slaagsyfer het met 3% gestyg, van 97% in 2015 na 100%.

Volgens die skoolhoof, Kobus van Eeden, was 2015 die eerste onderbreking van 100% slaagsyfer van die afgelope 12 jaar.

Die skool het 38 matriekleering gehad en het een onderskeiding opgelewer.

Kobus is baie tevrede met die 27 diploma en sewe universiteitstoelatings.

“Baie geluk aan die kinders en ouers vir hulle harde werk,” sê hy.

Hy vertel die onderwysers verdien ‘n veertjie in die hoed aangesien hulle soveel ekstra ure opgeoffer het om die leerlinge by te staan met ekstra onderrig.

Hoërskool Hugenote het ‘n 97.5% slaagsyfer gekry, wat effe minder is as die 98.4% van 2015.

Van die 201 studente het 84 diploma en 101 universiteitstoelatings gekry en die skool spog met 130 vakonderskeidings.

Marnus Geldenhuys is dié skool se top student wat spog met agt onderskeidings.

“Ons is baie tevrede en trots op ons kinders.

“Daar is altyd ruimte vir verbetering en ons sal werk daaraan,” sê Frans Styger, die skoolhoof.

Frans Gildenhuys, hoof van Hoërskool Olympia Park, vertel dat hulle vreeslik trots is op hul 100% slaagsyfer.

Lees: Springs se matrieks het so gedoen

“Al 23 matriek studente het geslaag en ons is baie trots op hulle. Tussen hulle, het ons vyf onderskeidings behaal,” sê hy.

“Ek voel ons het verbeter in die opsig van baie meer ondersteuning en ouer belangstelling, as ook goeie ondersteuning van die departement van

onderwys.”

Frans voeg by dat daar ook meer positiwiteit onder die kinders en personeel is.

“Ons het geleer wat werk ná soveel jare en die onderwysers doen baie moeite en gaan uit hulle pad uit.

“Die gemeenskap speel ook ‘n groot rol in die belangstelling van die skool.”

Lees: Vele onderskeidings vir Afrikaanse skole

Hoërskool Dr Johan Jurgens spog met ‘n 99.3% slaagsyfer met twee leerders wat elk vyf onderskeidings het.

Uit die 144 matrikulante, het hulle saam 44 onderskeidings ingebring en daar was slegs een druipeling.

Frina du Toit, adjunkhoof van die skool, vertel dat hulle ‘n 71% vrystellingskoers verower het.

“Ons is trots op hulle almal en wens hulle alles wat mooi is toe.

“Dankie aan die personeel van die skool vir hulle strategie en toewyding, die motiveering van die leerders en die ondersteuning van die ouers,” sê sy.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button