Local sportSport

Fernando stoei goud los

Fernando Booysen (14) het ’n goue medalje en trofee tydens die 20ste Philipp-Seitz Gedächtnesturnier verower wat Saterdag in Leipzig, Duitsland plaasgevind het.

Daar was omtrent 45 spanne van agt verskillende lande wat deelgeneem het.

Dirk Booysen, Fernando se pa, sê daar het 21 jeug stoeiers van Suid-Afrika (SA) deelgeneem.

Hierdie Hoërskool Hugenote leerling het teen nege ander stoeiers in sy 42kg afdeling deelgeneem en was die enigste Suid-Afrikaanse stoeier wat deurgedring het na die finaal.

 

Lees: Video: Fernando spog met 15 stoei titels

“Hy was bevoorreg om goud te vat,” sê Dirk.

Die SA-span het algeheel derde geëindig en het van Maandag tot Woensdag saam met die Duitse nasionale span ‘n oefenkamp bygewoon.

“Die res van die span keer Donderdag terug na Suid-Afrika, maar Fernando gaan nog aanbly as uitruilstudent,” sê Dirk.

Lees: Springs’ own wrestling champ

 

Dirk is geweldig trots op wat sy seun vermag in sy stoeiloopbaan, sy deursettingsvermoë en passie vir die sport.

Fernando sal eers op 22 Desember na SA terugkeer.

Related Articles

Back to top button