LettersOpinion

Onmoontlik om deur te kom na die Munisipaliteit

Petro Hoffman skryf:

Ons kry glad nie meer ’n rekening van die munisipaliteit af nie.

Ek het Maandagoggend 0860 543 000 geskakel om uit te vind wat my munisipaliteitsrekening se totaal is.

Ek is na 011 999 8431 verwys.

Tot op hierdie stadium het nog niemand daardie foon beantwoord nie.

Ek het gisteroggend weer 0860 543 000 geskakel en 011 999 8300 was aan my gegee.

Dieselfde probleem – niemand antwoord nie.

Vanoggend het ek weer 0860 543 000 geskakel en 011 999 8538 is aan my gegee.

Nog steeds word daardie fone nie beantwoord nie.

Ek het ook die webwerf probeer, maar kan nie inlog nie – iets is fout met die webwerf en daar is nie iemand na uurs om te help nie.

Ek is by die werk en kan nie elke dag so sukkel om inligting te kry nie.

Dit kos my werkgewer geld om vir die oproepe te betaal.

Metro woordvoerder Themba Gadebe sê in ’n verklaring dat die 011 999 8431 nommer nie meer bestaan nie aangesien dit aan ’n vorige werknemer behoort het.

Die inbelsentrum is in kennis gestel om die besonderhede op te dateer.

Gadebe vra namens Ekurhuleni om verskoning vir die ongerief.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button