Local sportSport

Gholfkliniek op hande

Johannes Geldenhuys se gholfakademie, by die Springs Country Club, gaan volstoom voort.

Die afrigter vertel dat hy al ongeveer 200 leerders sterk is.

“Ek rig leerlinge af vanaf die ouderdom van omtrent vier jaar to 76 jaar,” vertel Johannes.

Dié akademie is verlede jaar gestig, met die doel om jong (en oud) potensiële gholfers die basiese reëls van dié spel te leer.

“Ek gee vir hulle kennis, wat hulle gaan dra tot in hulle professionele gholf loopbane,” sê hy.

”’n Gholfkliniek sal in die eerste week van Oktober deur die akademie gehou word.

“Ek hoop om so 70 leerders daar te hê wat gaan deelneem.”

‘n Kompetisie sal dan vir dié jong gholfspelers gehou word, om hulle vordering te toets.

“Ek is verskriklik passievol oor die akademie en ek glo dit het ‘n groter doel as net die spel van gholf, dit leer kinders dissipline en dit hou hulle ook besig,” vertel Johannes.

Hy oefen gereeld deur die week met sy leerders en is amper elke naweek op die gholfbaan as afrigter te sien.

Related Articles

Back to top button