EntertainmentLifestyle

‘n Dagboek vir kinders

Hierdie boek is letterlik 'n dagboek van amper elke gedagte wat 'n jong skoolseun oor meisies, partytjies, vriende en grootword, het.

Boek: Dagboek van ‘n ‘Wimpy Kid’ – Die Nare Waarheid

Resensie deur: Izahn van Huyssteen

Resensie moontlik gemaak deur: Penguin Random House

Hierdie boek is letterlik ‘n dagboek van amper elke gedagte wat ‘n jong skoolseun oor meisies, partytjies, vriende en grootword, het.

Dit begin met Greg Heffley wat ‘n inskrywing maak op een Donderdag in September, waar hy bekommerd is dat hy en sy beste vriend nie hulle vriendskap gaan kan red voor die nuwe skool jaar begin nie.

Greg was nog altyd haastig om groot te word, maar begin wonder of dit so wonderlik gaan wees as wat hy wysegemaak word.

Elke inskrywing het toepaslike tekenprente wat gepaard gaan met die outjie se gedagtes en emosies.

Die boek kan nogal ‘n groot groep kinders teiken, omdat dit elke kind se oorskop fase van kind na tiener vang en hulle kan hulself vereenselwig met die gevoelens.

 

Related Articles

Back to top button