LettersOpinion

Mistigheid en die taal van liefde

Ons word nie meer deesdae wakker met die sonstrale wat in 'n glimlag oor ons ontplooi nie, nee, hy kruip so bietjie langer weg.

Die weervoorspellings gee vir ons riglyne, maar die los wit mistigheid sluip soos ‘n donskombers oor ons en gooi die voorspellings omver.

Maar wanneer die donskombers verdwyn, gooi die son weer oudergewoonte sy strale en almal, selfs die diere soek ‘n plekkie in die son vir ‘n bietjie hitte.

Maar die taal van die liefde bly dieselfde, selfs deur die mistigheid, koue wind en sonstrale.

Soms voel dit of alles langer neem om te ontwaak terwyl die dag se ure nog dieselfde bly.

Dit is met moeite, geduld en baie liefde dat gesinne aan die gang kom in die oggende.

Maar deur dit alles, ontwaak die oggend in ‘n prag van sonskyn en herfskleure om die verandering van seisoen die moeite werd te maak.

Dit is wanneer die taal van liefde belangrik raak, nie net teenoor ons gesinne nie, maar ook teenoor ons medemens.

Anna Patat

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button