Local sportSport

Valke o-18s wen silwer

Die o-18 Valke span het met silwer medaljes uit die stryd getree by die finaal van die jaarlikse Inter-Provinsiale Rugby Toernooi vir Jeug Rugby wat op 10 Oktober by die Universiteit van Johannesburg (UJ) se sportgronde gehou is.

Klubspelers van Suikerbosrand, Springs, Vereeniging, Kemptonpark en Benoni is in die o-18 Valke groep en het slegs twee weke gehad om saam te oefen en mekaar beter te leer ken voor dié week-lange toernooi.

Sewe spelers van die Springs Jeugklub, Ean Wirths, Rohan Barnard, Theuns de Beer, Emele Jacobs, Jason Koen, Ricardo Chapman en Alex Moller was deel van dié Valke span. Provinsies wat deelgeneem het is die Blou Bulle, KwaZulu-Natal Duikers, Leeus Rooibokke en die Valke.

Alhoewel hulle in die finaal teen die Blou Bulle verloor het is die span trots op hul tweede plek en silwer medaljes.

Karin Prinsloo, wat die span se administrasie behartig, het gesê elke provinsie kry die geleentheid om die toernooi aan te bied en vanjaar was die Leeus Rooibokke se beurt om gasheer te speel.

Karin sê die afrigters, Rudolf Cronjé en William de Jongh, se bydrae en passie om die seuns voor te berei en hul ondersteuning met elke wedstryd in die toernooi was uitstekend.

“Selfs die ouers het elkeen hulle kant gebring, wat die afrigters se taak vergemaklik het,” sê sy.

Dit was vir Karin ’n groot voorreg om saam met hierdie groep seuns te kon werk en sy voel dat sy self baie geleer het. “Ons wil vir die seuns baie dankie sê vir hule bydrae tot die klub en hulle sterkte met die eksamens toewens,” sê Karin.

Connect with us:

Have a story? Send Anna Robertson an email on annar@caxton.co.za or contact her on 011 812 4820.

Like our Facebook page and follow us on Twitter as well as our journalists @SpringsJournOne and @SpringsJournTwo.

For news straight to your phone, invite us on BBM – 7EFABEF1 or join us on WhatsApp on 079 408 9334.

Related Articles

Back to top button