Local sportSport

Fernando is tuis op stoeimat

Fernando Booysen (12) skrik beslis vir geen stoeimat nie en het met die louere by die onlangse twee-dag Suid-Afrikaanse Jeug Grieks Romeinse o-13 en Vrystyl Stoeikampioenskappe in Mitchells Plain, Kaapstad, weggestap.

Op die eerste dag van die kompetisie het hy teen vier teenstanders in die o-13, 30 tot 33kg afdeling te staan gekom.

Sy pa, Dirk Booysen, vertel dat Fernando effens senuweeagtig was tydens sy eerste wedstryd, maar dat hy vinnig ontspan het, baie goed gestoei en boonop die eerste plek verower het.

Fernando veg elke teenstander en wedstryd op eie meriete en fokus op elke individuele opponent.

Dié jongman moes vyf teenstanders by die tweede dag se Vrystyl Kampioenskappe klop.

Fernando is ’n gedetermineerde vegter en nadat een van die stoeiers in Fernando se afdeling se arm gebreek is, het hy ook hier die eerste plek verower.

Alhoewel hierdie beskeie jongman trots is op sy prestasies, weet hy daar lê nog die Noordvaal Stoei Kampioenskappe voor wat op 24 Oktober in Pretoria plaasvind.

Tydens hierdie kampioenskappe gaan hy die Valke span verteenwoordig teen alle provinsies noord van die Vaalrivier.

Direk na dié kampioenskappe vertrek Fernando na Duitsland waar hy vanaf 26 Oktober tot 21 Desember aan kompetisies en oefenkampe gaan deelneem.

Dirk sê Fernando gaan as deel van ’n studente uitruilprogram by die Sächsisches Landesgymnasium für Sport in die Leipzig provinsie in Duitsland skoolgaan.

Hy gaan ook daar aan die volgende kompetisies en oefenkampe deelneem:

November 1 tot 4 – Ostalbturnier Kompetisie en internasionale oefenkamp in Aalen.

November 9 tot 13 – Oefenkamp in Rabenberg.

November 14 en 15 – Kleinostheim Kompetisie.

November 16 tot 18 – Internasionale oefenkamp en

Desember 6 – Kompetisie in Jena.

Connect with us:

Have a story? Send Anna Robertson an email on annar@caxton.co.za or contact her on 011 812 4820.

Like our Facebook page and follow us on Twitter as well as our journalists @SpringsJournOne and @SpringsJournTwo.

For news straight to your phone, invite us on BBM – 7EFABEF1 or join us on WhatsApp on 079 408 9334.

Related Articles

Back to top button