Local sportSport

Geanne is die nuwe SA Skole boks kampioen

Geanne is ook as die beste meisie bokser van die kampioenskap aangewys.

Die Suid-Afrikaanse Seuns en Meisie Skole Boks Kampioenskappe was gehou van 7 tot 10 Oktober by die Transnet Rail Engineering Boks Akademie in Koedoespoort.

Jeanette Deysel, boksafrigter van Bert Collins Boksklub, sĆŖ dat die sterkste provinsies gewoonlik Oos-Kaap en KwaZulu-Natal is.

ā€œGeanne Dicks het twee taai gevegte gehad, sy het ongelukkig in die loting eerste getrek teen ā€™n Oos-Kaapse bokser,ā€ verduidelik Jeanette.

ā€œIn baie warm omstandighede het sy haar goed van haar taak gekwyt en na drie harde rondtes met ā€™n 3-0 beslissing gewen.ā€

Geanne het Saterdag teen die 2014 verdedigende kampioen, Mzizi Amande van KwaZulu-Natal, geveg.

ā€œSy het met baie selfvertroue deur die toue geklim en na drie klipharde rondtes het sy as die nuwe SA kampioen uit die kryt geklim.ā€

Jeanette vertel dat dit ā€™n naelskraap geveg was, maar dat Geanne nie kop verloor het nie. Geanne is ook as die beste meisie bokser van die kampioenskap aangewys.

Met vier goue medaljes, een silver en vier brons het Gauteng derde geƫindig in die spankompetisie.

Jeanette en Freddie Dicks, Geanne se pa, wil vir die Gauteng afrigters dankie sĆŖ vir hulle harde werk en geloof in Geanne.

Geanne Dicks staan saam met haar pa en afrigter, Freddie Dicks.
Geanne Dicks staan saam met haar pa en afrigter, Freddie Dicks.

ā€œVeral Peter Armstrong van Kemptonpark Boksklub wat, saam met Freddie, Geanne voorberei het vir die kampioenskappe. Baie dankie vir die ondersteuning van die Bert Collins Boksklub ouers en boksers wat daar was om haar te ondersteun.ā€

Related Articles

Back to top button